Rudy Giuliani

Rudy Giuliani
Rudy Giuliani

Persoonlike besonderhede
Gebore 28 Mei 1944
New York Stad
Politieke party Republikeinse Party
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening

Rudolph William Louis (Rudy) Giuliani (New York Stad) (28 Mei 1944) is 'n Amerikaanse politikus van die Republikeinse Party.

Giuliani, 'n prokureur van beroep, het van 1970 tot 1977 as 'n amptenaar in die Suidelike distrikshof in New York en die departement van justisie gewerk. Van 1977 tot 1981 werk hy as prokureur en aanklaer by die Patterson Belknap Webb & Tyler prokureursfirma. Van 1981 tot 1983 werk hy as 'n senior amptenaar by die Ministerie van Justisie. Van 1983 tot 1989 dien hy as distriksprokureur vir die Suidelike distrik New York.

Giuliani was van 1994 tot 2002 die burgemeester van New York. Hy maak 'n diep indruk oor sy vasberade optrede tydens en na die terreuraanvalle op 11 September 2001. Hy het die werk van die munisipale dienste persoonlik gekoördineer en die herstelwerk gelei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search